Maandag 09 Junie 2014

Hou almal gelukkig...

Daar is altyd die vraag van wie beplan wat?
Wie gaan met wat help? Wat moet skoonma doen en waar trek mens die streep as iemand "inmeng"?

Die maklikste oplossing - en ek gee self die raad vir elke bruid wat ek sien - maak n lysie van doen.
Deel die lysie op in katogoriee en deel daardie spesifieke takies uit.

Skoonma sal dan gelukkig wees jy sluit haar in by die beplanning, manlief sal gelukkig wees jy deel die dag met sy ma en jou ma sal skoonma kan leer ken.




Die doen lysies begin nie net met troues nie, maar kan ook by die kombuis tee baie behulpsaam wees.

Normaalweg sal die strooimeisies jou hen-tee (bacholerettes) beplan en jou ma die kombuistee.
Wenk -  as altwee op dieselfde dag gereel word, maak n voorstel dat die twee geleenthede darem so 4 ure uit mekaar begin en nie by dieselfde lokaal nie.


Jou verloofde kan ook jou pa beter leer ken - en selfs dalk jou broer - as hulle nie uitgenooi is na die bacholer partytjie nie. Reel n spitbraai! Gaan vang vis...gaan weg vir n jag naweek. Maak die familie manne deel van die advontuur.



Die belangrikste is dat jy en jou verloofde die beplannings tydperk geniet!
Moenie dat familie julle onder kry nie. Die is JULLE dag!

Aan die einde van die beplanning moet jou droom dag waarheid word....die mos hoe n verhaal eindig....