Dinsdag 30 Julie 2013

Trou uitnodignings

Die liefde van jou lewe het vir jou die ja-antwoord vraag gevra.
Julle is vol liefde en bewondering vir mekaar....

So begin die opgewonde tyd in jul lewe!

Om n troue te beplan is altyd ietsie besonders.
Die venue...klere...skryfbehoeftes...musiek en nog vele meer.
Jou kleurskema en tema is net so belangrik om die dag in die geskiedenis af te laat beweeg as een van die beste dae van julle lewens.

Party mense onderskat die belangrikheid van die skryfbehoeftes.

Jou uitnodiging (en deesdae ook jou"safe-the-date") is die eerste brokkie wat jul gaste gaan sien en voel van jul trou dag.
Jul skryfbehoeftes moet die gevoel en tema va jul troudag duidelik uiteengesit he.

Die kleur...die tekstuur...die visuele effek wat die uitnodiging op jul gaste gaan he is wat jul gaste gaan verwag op jul trou dag.

Daar is baie idees wat daar buite rond hardloop maar bly eerlik en opreg met julself. Kies n patroon of n kernwoord wat jul as paartjie opsom.

Moenie bang wees om te speel met woorde nie. 
Maar hou dit eenvoudig.

Te veel is ook nie altyd n goeie ding nie... 



http://www.onewed.com/romantic/blog/romantic-wedding-color-palettes-peaches-cream-taken-to-the-serene


http://www.invitationcrush.com/modern-love-story-wedding-invitations/


http://diy.weddingbee.com/topic/our-completely-handmade-invitations-draft#axzz2aWzNcvfY

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking