Donderdag 01 Augustus 2013

Die Perfekte Prentjie

Om net jou ogies oop te hou en n glimlag te gee sal glad nie voldoen aan die perfekte troufoto nie.

'n Fotograaf moet jou as bruid gemaklik laat voel. Hy moet weet wat by jou pas...watter tipe gevoel jy wil skep en wat jul as 'n paartjie oor tien jaar van nou nogsteeds sal uitbeeld.


https://www.facebook.com/media/set/?set=a.633865669964293.1073741828.521789864505208&type=3

Daar is soveel fotograwe daar buite....hoe besluit jy op net een?
Wel, die antwoord is eenvoudig. Kyk na hul portfeulje.
Dis dieselfde as met jou trourok...jy as bruid weet presies as die rok joune is of nie.

http://sagelyphotography.com/blog/?cat=193


Fotograwe se webblaaie is baie goed uitgele en as hulle 'n blog het, nog beter!

"Word-of-mouth" is ook n goeie konsep.
Natuurlik wil jy nie dieselfde tipe fotos he as wat Bernadette wat saam met jou op skool was nie. Elke bruid hunker na die PERFEKTE PRENTJIE.

Die Prentjie wat teen jou sitkamer muur gaan hang 10 jaar van nou.

http://www.chivalryphotography.co.za/2013/02/


Fotograwe wat hoog aanbeveel word weet watter prentjie by watter bruid sal pas. Die perfekte fotograaf sal nie noodwendig van die duurste wees nie, maar sal jou as bruid intereseer.

Ontspan, wees jouself en geniet dit! Jou fotograaf sal perfek wees vir jou PRAGTIGE dag....



https://www.facebook.com/pages/Carolien-and-Ben-Photography/174617609215743?directed_target_id=0





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking