Dinsdag 20 Augustus 2013

Vintage Inspirasie

n Tikkie Vintage in jou dekor of selfs as n bykomstigheid, daarmee kan jy nooit verkeerd gaan nie.

http://www.southboundbride.com/inspiration-board-vintage-birds/


Moet nie te hard probeer om die simpel elegansie uit te beeld nie. Hou dit eenvoudig met klein oogvangers hier en daar wat jou gaste gaan laat Wow!

Boeke met n lintjie om...voeltjies wat tussen jou tafels ruikers in gedruk is ...en selfs botteltjies vir n verfrissende verwelkomings drankie sal jou dag persoonlik maak.

http://nettlehillsocial.co.uk/lovely-idea-for-a-vintage-wedding/

Jou gaste kan lekker ontspan met buite speletjies terwyl hulle klein versnaperings geniet.


http://www.elizabethannedesigns.com/blog/2009/11/18/rustic-garden-wedding-inspiration-board/

Versier jou tafel met verskillende grote botteltjies en materiaal kant.
Ligte kleure rond die Vintage gevoel af.

Maak seker dat jul as paartjie uitgebeeld word. Gebruik jul verlowings fotos as tafel nommers om selfs as dankie se kaartjies vir elke gas.

http://www.mywvwedding.com/Planners-Palette/July-2012/DIY-Summer-Weddings/

Moenie bang wees om verskillende elemente en teksture te meng nie. Vra jou ouma vir idees. Die ou elegansie van n meer jarige dame kan altyd jou dag ekstra spesiaal maak. Dalk het jou ouma iets van haar trou dag af wat jul kan gebruik.

Jou dekor besluitneming moet pret wees. Vat jou tyd om te besluit. Hou jou oe oop wanneer jul vlooimarkte toe gaan. Daar kry mens altyd iets uniek!

http://losclaustros.blogspot.com/2012_08_01_archive.html




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking