Woensdag 14 Augustus 2013

Daardie Kyk...

Die klok lui en jou bruid stap in...

Die Trou Mars speel en jou familie en vriende draai om na na jou pragtige bruid in wit te kyk.
Jou bruid het party keer nege meter om te loop op die rooi tapyt.

Jou gaste het daardie nege meter kans om haar mooi uit te kyk...maar net een kans om jou gesig te sien wanneer daardie dubble deure die eerste keer opgemaak word.

Daardie spesiale oomblik wat jou asem weggeslaan is en jy jou trane wegsluk.



http://www.bowtiesandbliss.com/2012/05/favorite-first-looks/
As bruidegom word daar altyd vir jou gese jy moet net opdaag. Mens vergeet dat DIE dag ook spesiaal en volmaak vir jou moet wees. Die hele dag is beplan tot die fynste detail. Maar dis hierdie klein oomblikke wat jou dag onvergeetlik gaan maak.

http://www.patchworkphotography.com/weddings/first-look/


Vir my is Daardie Kyk een van die beste oomblikke om te onthou.


http://www.aphroditesweddingblog.com/blog/2011/07/28/wedding-photography-to-first-look-or-not-to-first-look/



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking