Maandag 05 Augustus 2013

Alles Vroulik

Met Vroue Dag wat al hoe nader kruip die week, het ons besluit om alles n bietjie meer vroulik te maak. (Ons weet die manne gaan nou dink, " maar wat is eintlik NIE vroulik aan n troue nie...?" Manne byt vas, julle beurt kom!)

http://emmalinebride.com/weddings-fashion-gown/flower-girl-tutu-pretty-pink-inspiration-board/

n Jong Dame droom al vandat sy ses is aan haar spesiale dag. Teepartytjies saam met haar teddiebere en ma se hakskoene en lipstiffie is altyd uitgeruk.
Daardie droom word dwarsdeur die jare saam met haar gedra tot sy een dag haar ridder op die wit perd ontmoet.

Die sprokies verhaal kom deur in alle aspekte van haar trou dag.
Van die handruikers tot die kleure van die oorgooi doeke.

"Fairylights" skep die perfekte sprokies verhaal atmosfeer.
Geure  kan op die tafels in klein wegsteek houers geplaas word of selfs op n klein klei voeltjie gespuit word.


http://skintinthecity.com/

Die ietsie - kleins wat perfek by jou as n ses jarige pas is altyd n goeie idee.
Moenie dat die "in" van die trou industrie jou bang maak om jou idividualiteit as ses jarige meisie weggooi nie.
Enige goeie Trou Beplanner sal vir jou daardie aspek kan inwerk.

http://www.gmckeiverphotography.com/blog/index.php/2012/04/ellas-tea-party-grand-rapids-childrens-photographer/

Maak jou oe toe en dink terug toe jy saam met Teddie op die mat gesit het in jou ma se hakskoene en lipstiffie...daar kruip die PRAGTIGSTE idees weg.....

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking