Vrydag 28 Februarie 2014

Liewe Klein Voetjies

Ons kan deesdae nie genoeg kry van klein voetjies nie!

Daar is ongelooflik baie mooi en pret idees wat mens deesdae kan doen vir n ooievaars tee.
Moenie net vaskyk in pienk en blou nie. Wat van n bietjie geel en grys?

Die kleurskema is perfek vir die Nie-So-Tradisionele-Mamma.



Sodra jy jou kleur gekies het kan jy begin rondspeel met die tema.
Ons is absuluut mall oor die buitelug tema. Klein wit sambreeltjies wat buite los hang maak ons harte n bietjie meer sag met liefde en opgewondenheid!


Meng banting met n tossels en fee-liggies. 
As julle daaraan dink om baie blomme op die tafels te plaas, gee die ranskikkings dalk vir al die oumas en ouma grootjies.

Stuur vir ons julle idees en n paar fotos van jou vriendin of selfs van jou ooievaars tee!


Woensdag 26 Februarie 2014

Gold Ambition Sneak Peak - Inspirasie Fotosessie

Die weer het perfek saam gespeel en elke bruid was beeldskoon!

Ons eerste Inspirasie Fotosessie by Rivermeadow Manor was n groot sukses!
Die Gold Ambition wat voorle vir die jaar het elke verskaffer tot die kleinste detail perfek uitgebeeld.

Baie dankie aan elke verskaffer wat deelgeneem het aan die projek!
Lokaal - Rivermeadow Manor
UpaTone - Musiek & Ligte
Signify Photography - Fotograaf
Simplee Photography - Fotograaf
Fraai Meraai - Skryfbehoeftes en Dankie Geskensies
The Linen Box - Linne & Onderborde
Royal Flowers - Dekor & Blomme
Blush & Beehive - Grimering & Hare
Wild Almond Catering - Spysenering

Hier is n Sneak Peak van wat julle kan verwag....










Fotos TROTS geneem deur: Signify Photography & Simplee Photography

Dinsdag 25 Februarie 2014

Jacques & Yvonne se Vintage Droom

Op die oomblik wat Jacques sy kitaar opgetel het, het almal hulle asems opgehou totdat hy die laaste noot gesing het.

Yvonne en Jacques se Vintage Troue was perfek. Die weer het so mooi saam gespeel en die gaste het voor onthaal area van Casa-Lee vreeslik baie geniet.

Ons is so trots om deel te wees van die twee verliefdes se spesiale dag, nie net as familie nie, maar as deel van die beplanning.

Toe Yvonne my nader en vra, "Skoonsus, help my asseblief!?" Hoe kon ek vir haar nee se.
Sy het duidelike idees gehad van wat hul Droomdag se tema en kleurskema moet wees.

Die span by Casa Lee Trou Lokaal het PRAGTIGE idees vir ons voorgele. 

Ek is seker Jacques en Yvonne sal vir altyd die dag onthou!

Hieronder is die Prag fotos geneem deur Ironrose Fotografie en Ontwerp.























Beplanning & Koordinering: Pragtige Vintage Troubeplanning
Trou Lokaal: Casa-Lee Country Venue
Fotograaf: Ironrose Fotografie & Ontwerp
Blomme & Dekor: Casa-Lee Span
Troukoek: The Baker Boys
Grimering & Hare: Blush & Beehive
Borspelde & Sigare: Fraai Meraai Ontwerp