Dinsdag 25 Februarie 2014

Jacques & Yvonne se Vintage Droom

Op die oomblik wat Jacques sy kitaar opgetel het, het almal hulle asems opgehou totdat hy die laaste noot gesing het.

Yvonne en Jacques se Vintage Troue was perfek. Die weer het so mooi saam gespeel en die gaste het voor onthaal area van Casa-Lee vreeslik baie geniet.

Ons is so trots om deel te wees van die twee verliefdes se spesiale dag, nie net as familie nie, maar as deel van die beplanning.

Toe Yvonne my nader en vra, "Skoonsus, help my asseblief!?" Hoe kon ek vir haar nee se.
Sy het duidelike idees gehad van wat hul Droomdag se tema en kleurskema moet wees.

Die span by Casa Lee Trou Lokaal het PRAGTIGE idees vir ons voorgele. 

Ek is seker Jacques en Yvonne sal vir altyd die dag onthou!

Hieronder is die Prag fotos geneem deur Ironrose Fotografie en Ontwerp.























Beplanning & Koordinering: Pragtige Vintage Troubeplanning
Trou Lokaal: Casa-Lee Country Venue
Fotograaf: Ironrose Fotografie & Ontwerp
Blomme & Dekor: Casa-Lee Span
Troukoek: The Baker Boys
Grimering & Hare: Blush & Beehive
Borspelde & Sigare: Fraai Meraai Ontwerp

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking