Vrydag 28 Februarie 2014

Liewe Klein Voetjies

Ons kan deesdae nie genoeg kry van klein voetjies nie!

Daar is ongelooflik baie mooi en pret idees wat mens deesdae kan doen vir n ooievaars tee.
Moenie net vaskyk in pienk en blou nie. Wat van n bietjie geel en grys?

Die kleurskema is perfek vir die Nie-So-Tradisionele-Mamma.



Sodra jy jou kleur gekies het kan jy begin rondspeel met die tema.
Ons is absuluut mall oor die buitelug tema. Klein wit sambreeltjies wat buite los hang maak ons harte n bietjie meer sag met liefde en opgewondenheid!


Meng banting met n tossels en fee-liggies. 
As julle daaraan dink om baie blomme op die tafels te plaas, gee die ranskikkings dalk vir al die oumas en ouma grootjies.

Stuur vir ons julle idees en n paar fotos van jou vriendin of selfs van jou ooievaars tee!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking