Maandag 31 Maart 2014

Winter Winde wat Waai...

Met die winter wat al hoe nader kruip, het ons gedink om vir julle winter prag idees te gee.

Party Bruide is baie senuweeagtig om in die winter te trou.
Julle moet in gedagte hou dat die kanse van reen in die winter heelwat minder is.
En hoekom gee jy nie om vir reen nie, maar koue pla jou?

Winter Ruiker


As jy die regte trou lokaal het, kan enge Winter Troue in n wonderland verander.
Dink aan kaggelvure, heerlike malva lekkers braai, warm sop met n brood tafel en kase. Glase vol ingevoerde rooi wyn en warm sjokolade....
Warm gloeiende kerse wat oral rond staan.

Warm Winter Dekor


Jy as Bruid kan vreeslik elegant lyk met n serp oor jou skouers gedrapeer.

Skouer Serp


Ons as Trou Beplanners moet vir julle kan se watter blomme, disse en wyn die beste by watter seisoen sal pas. Vir daardie rede wens oms regtig mense wil bietjie verder begin dink as net die standaard bredie met groente.
Dink aan kleiner happies, vars gebakte brode met n verskeidenheid sop. Jou gaste sal heel aand kan smul aan warm heerlike disse spesiaal ontwerp op die bruidspaar se smaak.

Warm Winter Disse


Moet dan ook nie vergeet watter beeldskone fotos jul kan kry nie!
Loer na ons Pinterest Bord vir meer idees!
http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/winter-weddings/

Moenie dat die koue jul afskrik nie! Laat jou nuwe Man jou bietjie stywer vashou ;)

Hou mekaar bietjie stywer vas

Dinsdag 18 Maart 2014

Verloof of Verlore?

Jy het die perfekte ring aan jou vinger....die perfekte man sit langs jou op die bank en kyk saam met jou die BRUIDSGIDS deur...maar wat nou?



Ek kry daagliks eposse en navrae van bruide wat net heeltemal oorweldig voel met die hele beplanningsproses.
Wat van blomme en dekor?? Gaan my blomme in seisoen wees?
Ek kry nie die regte papier vir my uitnodigings nie!



Dis hoekom ons daar is.
n  Troubeplanner help nie net met die beplanning nie, maar ook op kop te hou en om raad en advies te gee oor alles Troue!

Hoekom vra jy moet jy dadelik n Troubeplanner aanstel?
Ek se dit glad nie! Wat ek bedoel is om dalk net raad te kry by n beplanner. Al is dit net die beloop van die troudag rooster wat jy onseker oor is.



Om verloof te wees is een van die beste tye in n troupaar se lewe. Moenie dat die stres van die beplanning jul onder kry nie!
Hierdie advontuur kan met die beste vermoe beplan word solank jy die regte hulpmiddels het om dit te doen.

Ek is MAL oor troues! Die beste oomblik vir my is wanneer die bruid en bruidegom hul eerste dans as man en vrou deel. Op die oomblik is hulle werklik alleen vir die eerste keer die aand.
Ek as n Troubeplanner wil graag daardie oomblik (en vele meer) die beste oomblik maak vir die troupaar!



Gaan na ons weblad en loer na ons pakkette. www.pragtigevintage.co.za
Ons beplan ook graag verlowings partytjies.

Elke bruid verdien om haar verlowing te geniet sonder die kwale van wonder of pienk en pers saam gaan.

Pragtige Vintage wil jou help om jul advontuur as man en vrou op die beste manier af te skop!



Dinsdag 04 Maart 2014

Eenvoudige Elegansie

Die blomme is groot...die bruid se hare is groot...die trourook is groot...soms is om alles GROOT te maak nie n wyse plan nie.

Eenvoudige, simplistiese lyne en dekor kan die perfekte droom waar maak.

Een groot dekor stuk of n elegante balrok kan die aandag trek vir die dag, maar moenie jou gaste oorweldig met GROOT nie!

http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/vera-wang-dresses/

Jy kan n GROOT impak maak met klein details op jou tafel. Iets wat jou gaste definitief sal onthou.

http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/2014-gold-wedding/
As jy nie baie dekor op jou tafel wil he nie dink daaraan om dalk meer blomme by jou troue in te bring



Alle aspekte van n Elegante Prag hag af van die tipe tema en die gevoel wat jy vir jou gaste wil gee.
Moenie bang wees om te eksperimenteer met n paar idees nie.

Somer maande is perfek om alle dekor so eenvoudig as moontlik te hou. Moedernatuur sal vir die res sorg! :)


http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/garden-weddings/
En onthou...as jy vashak, bel n Troubeplanner. Daar is baie pakkette om van te kies en keur. En selfs n pakket net vir jou behoeftes! liezel@pragtigevintage.co.za

- Alle prentjies het n skakel by wat jul na ons Pinterest Borde sal neem vir meer idees!