Dinsdag 18 Maart 2014

Verloof of Verlore?

Jy het die perfekte ring aan jou vinger....die perfekte man sit langs jou op die bank en kyk saam met jou die BRUIDSGIDS deur...maar wat nou?



Ek kry daagliks eposse en navrae van bruide wat net heeltemal oorweldig voel met die hele beplanningsproses.
Wat van blomme en dekor?? Gaan my blomme in seisoen wees?
Ek kry nie die regte papier vir my uitnodigings nie!



Dis hoekom ons daar is.
n  Troubeplanner help nie net met die beplanning nie, maar ook op kop te hou en om raad en advies te gee oor alles Troue!

Hoekom vra jy moet jy dadelik n Troubeplanner aanstel?
Ek se dit glad nie! Wat ek bedoel is om dalk net raad te kry by n beplanner. Al is dit net die beloop van die troudag rooster wat jy onseker oor is.



Om verloof te wees is een van die beste tye in n troupaar se lewe. Moenie dat die stres van die beplanning jul onder kry nie!
Hierdie advontuur kan met die beste vermoe beplan word solank jy die regte hulpmiddels het om dit te doen.

Ek is MAL oor troues! Die beste oomblik vir my is wanneer die bruid en bruidegom hul eerste dans as man en vrou deel. Op die oomblik is hulle werklik alleen vir die eerste keer die aand.
Ek as n Troubeplanner wil graag daardie oomblik (en vele meer) die beste oomblik maak vir die troupaar!



Gaan na ons weblad en loer na ons pakkette. www.pragtigevintage.co.za
Ons beplan ook graag verlowings partytjies.

Elke bruid verdien om haar verlowing te geniet sonder die kwale van wonder of pienk en pers saam gaan.

Pragtige Vintage wil jou help om jul advontuur as man en vrou op die beste manier af te skop!



Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking