Maandag 31 Maart 2014

Winter Winde wat Waai...

Met die winter wat al hoe nader kruip, het ons gedink om vir julle winter prag idees te gee.

Party Bruide is baie senuweeagtig om in die winter te trou.
Julle moet in gedagte hou dat die kanse van reen in die winter heelwat minder is.
En hoekom gee jy nie om vir reen nie, maar koue pla jou?

Winter Ruiker


As jy die regte trou lokaal het, kan enge Winter Troue in n wonderland verander.
Dink aan kaggelvure, heerlike malva lekkers braai, warm sop met n brood tafel en kase. Glase vol ingevoerde rooi wyn en warm sjokolade....
Warm gloeiende kerse wat oral rond staan.

Warm Winter Dekor


Jy as Bruid kan vreeslik elegant lyk met n serp oor jou skouers gedrapeer.

Skouer Serp


Ons as Trou Beplanners moet vir julle kan se watter blomme, disse en wyn die beste by watter seisoen sal pas. Vir daardie rede wens oms regtig mense wil bietjie verder begin dink as net die standaard bredie met groente.
Dink aan kleiner happies, vars gebakte brode met n verskeidenheid sop. Jou gaste sal heel aand kan smul aan warm heerlike disse spesiaal ontwerp op die bruidspaar se smaak.

Warm Winter Disse


Moet dan ook nie vergeet watter beeldskone fotos jul kan kry nie!
Loer na ons Pinterest Bord vir meer idees!
http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/winter-weddings/

Moenie dat die koue jul afskrik nie! Laat jou nuwe Man jou bietjie stywer vashou ;)

Hou mekaar bietjie stywer vas

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking