Dinsdag 02 September 2014

Met nuwe Mensies...kom daar nuwe Advonture

Soos altyd is Lente die tyd vir nuwe begin en nuwe advonture!

Klein voeltjies baljaar in fonteine in jou tuin en kinders ry rond op hul fietse.
Mens kan sommer die Desember vakansie voel nader kruip.

Natuurlik is Desember die tyd vir allerhande kreatiewe projekte. Ek en my man is self besig om ons tuintjie oor te doen en hy bou selfs vir ons n lekker braai!

Maar dan is daar altyd daardie klein spesiale pienk voetjie wat bederf moet word.
Om n Baba Tee of Kinder Partytjie te reel is altyd vir my spesiaal. Om te kan deel in die bondeltjie liefde se eerste klein familie byeenkoms.

Hoekom dan nou nie die dag ook spesiaal maak vir die ouers nie?
Daar is hope idees om vir alle ouderdomme gelukkig en besig te hou terwyl Mamma agteroor sit en net bederf word.

Moet nie vergeet van die manne nie!
n Visvang dag met n heerlike braai - en dan doeke as ingangsfooi - is dan mos die ideale manier om n saterdag oggend te spandeer.

Loer gerus hieronder en laat weet ons wat gaan (of het) jy gedoen om die kleine voetjies se dag uniek te maak!








Vir n paar oulike idees gaan loer gerus na ons Pinterest Bord:
http://www.pinterest.com/PragtigeVintage/just-for-the-little-ones/


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking