Dinsdag 27 Augustus 2013

Lente Liefde

Lente is in die lug en almal is vreeslik opgewonde.

Daar het net verlede week 'n voeltjie 'n nessie begin maak in die boom in ons agter tuin.

Hoe PRAGTIG kan n Lente Troue wees sonder om alles te oorweldig met blom patrone?
Watter blomme is in seisoen en pas perfek by jou tema en kleur?

http://bridalcookie.com/weddingtobe/wp-content/uploads/2011/07/

Lente is die tyd vir nuwe begin. Bloeisels is oral sigbaar en almal het weer lus vir vakansie en fees viering saam met familie en vriende op die buite stoep.

As 'n Lente Bruid wil jy graag bietjie uitstaan. Het jy al daaraan gedink om 'n knie lengte Trou Rok aan te trek? Sag, vloeiende materiaal keuses kan jou as bruid baie gemaklik en sprokies verhaal PRAGTIG laat lyk.
http://www.onewed.com/wedding-dresses/designer/white-by-vera-wang

Buitelug speletjies is hoog mode en hou jul gaste besig. Die tyd van die jaar is perfek vir rolbal, skaak en dalk ook n spook asem masjien. Jul gaste gaan nie eers agter kom dat jul verdwyn het om jul sprokie te laat afneem nie.

http://www.valleyandcoblog.com/90210/2011/07/wedding-fun-games-with-the-bride-suite/
En as dit reen? Moenie bang wees om met jou Wellingtons in die water plassies te speel saam met die liefde van jou lewe nie. Die natuurlike, liefdevolle oomblikke wil jy graag verewig onthou.

http://www.beforethebigday.co.uk/2012/05/rain-on-your-wedding-day.html 
Lente is die tyd vir pret en vreugde. Somer kelkies onder 'n sambreel met vriende, soet en sout happies in  piekniek mandjies.

Jul Lente Liefde word gesien as die begin van 'n nuwe seisoen saam....

http://thecurvyfashionista.com/2013/03/a-plus-size-girls-guide-to-spring-love/





Dinsdag 20 Augustus 2013

Vintage Inspirasie

n Tikkie Vintage in jou dekor of selfs as n bykomstigheid, daarmee kan jy nooit verkeerd gaan nie.

http://www.southboundbride.com/inspiration-board-vintage-birds/


Moet nie te hard probeer om die simpel elegansie uit te beeld nie. Hou dit eenvoudig met klein oogvangers hier en daar wat jou gaste gaan laat Wow!

Boeke met n lintjie om...voeltjies wat tussen jou tafels ruikers in gedruk is ...en selfs botteltjies vir n verfrissende verwelkomings drankie sal jou dag persoonlik maak.

http://nettlehillsocial.co.uk/lovely-idea-for-a-vintage-wedding/

Jou gaste kan lekker ontspan met buite speletjies terwyl hulle klein versnaperings geniet.


http://www.elizabethannedesigns.com/blog/2009/11/18/rustic-garden-wedding-inspiration-board/

Versier jou tafel met verskillende grote botteltjies en materiaal kant.
Ligte kleure rond die Vintage gevoel af.

Maak seker dat jul as paartjie uitgebeeld word. Gebruik jul verlowings fotos as tafel nommers om selfs as dankie se kaartjies vir elke gas.

http://www.mywvwedding.com/Planners-Palette/July-2012/DIY-Summer-Weddings/

Moenie bang wees om verskillende elemente en teksture te meng nie. Vra jou ouma vir idees. Die ou elegansie van n meer jarige dame kan altyd jou dag ekstra spesiaal maak. Dalk het jou ouma iets van haar trou dag af wat jul kan gebruik.

Jou dekor besluitneming moet pret wees. Vat jou tyd om te besluit. Hou jou oe oop wanneer jul vlooimarkte toe gaan. Daar kry mens altyd iets uniek!

http://losclaustros.blogspot.com/2012_08_01_archive.html




Woensdag 14 Augustus 2013

Daardie Kyk...

Die klok lui en jou bruid stap in...

Die Trou Mars speel en jou familie en vriende draai om na na jou pragtige bruid in wit te kyk.
Jou bruid het party keer nege meter om te loop op die rooi tapyt.

Jou gaste het daardie nege meter kans om haar mooi uit te kyk...maar net een kans om jou gesig te sien wanneer daardie dubble deure die eerste keer opgemaak word.

Daardie spesiale oomblik wat jou asem weggeslaan is en jy jou trane wegsluk.



http://www.bowtiesandbliss.com/2012/05/favorite-first-looks/
As bruidegom word daar altyd vir jou gese jy moet net opdaag. Mens vergeet dat DIE dag ook spesiaal en volmaak vir jou moet wees. Die hele dag is beplan tot die fynste detail. Maar dis hierdie klein oomblikke wat jou dag onvergeetlik gaan maak.

http://www.patchworkphotography.com/weddings/first-look/


Vir my is Daardie Kyk een van die beste oomblikke om te onthou.


http://www.aphroditesweddingblog.com/blog/2011/07/28/wedding-photography-to-first-look-or-not-to-first-look/



Maandag 05 Augustus 2013

Alles Vroulik

Met Vroue Dag wat al hoe nader kruip die week, het ons besluit om alles n bietjie meer vroulik te maak. (Ons weet die manne gaan nou dink, " maar wat is eintlik NIE vroulik aan n troue nie...?" Manne byt vas, julle beurt kom!)

http://emmalinebride.com/weddings-fashion-gown/flower-girl-tutu-pretty-pink-inspiration-board/

n Jong Dame droom al vandat sy ses is aan haar spesiale dag. Teepartytjies saam met haar teddiebere en ma se hakskoene en lipstiffie is altyd uitgeruk.
Daardie droom word dwarsdeur die jare saam met haar gedra tot sy een dag haar ridder op die wit perd ontmoet.

Die sprokies verhaal kom deur in alle aspekte van haar trou dag.
Van die handruikers tot die kleure van die oorgooi doeke.

"Fairylights" skep die perfekte sprokies verhaal atmosfeer.
Geure  kan op die tafels in klein wegsteek houers geplaas word of selfs op n klein klei voeltjie gespuit word.


http://skintinthecity.com/

Die ietsie - kleins wat perfek by jou as n ses jarige pas is altyd n goeie idee.
Moenie dat die "in" van die trou industrie jou bang maak om jou idividualiteit as ses jarige meisie weggooi nie.
Enige goeie Trou Beplanner sal vir jou daardie aspek kan inwerk.

http://www.gmckeiverphotography.com/blog/index.php/2012/04/ellas-tea-party-grand-rapids-childrens-photographer/

Maak jou oe toe en dink terug toe jy saam met Teddie op die mat gesit het in jou ma se hakskoene en lipstiffie...daar kruip die PRAGTIGSTE idees weg.....

Donderdag 01 Augustus 2013

Die Perfekte Prentjie

Om net jou ogies oop te hou en n glimlag te gee sal glad nie voldoen aan die perfekte troufoto nie.

'n Fotograaf moet jou as bruid gemaklik laat voel. Hy moet weet wat by jou pas...watter tipe gevoel jy wil skep en wat jul as 'n paartjie oor tien jaar van nou nogsteeds sal uitbeeld.


https://www.facebook.com/media/set/?set=a.633865669964293.1073741828.521789864505208&type=3

Daar is soveel fotograwe daar buite....hoe besluit jy op net een?
Wel, die antwoord is eenvoudig. Kyk na hul portfeulje.
Dis dieselfde as met jou trourok...jy as bruid weet presies as die rok joune is of nie.

http://sagelyphotography.com/blog/?cat=193


Fotograwe se webblaaie is baie goed uitgele en as hulle 'n blog het, nog beter!

"Word-of-mouth" is ook n goeie konsep.
Natuurlik wil jy nie dieselfde tipe fotos he as wat Bernadette wat saam met jou op skool was nie. Elke bruid hunker na die PERFEKTE PRENTJIE.

Die Prentjie wat teen jou sitkamer muur gaan hang 10 jaar van nou.

http://www.chivalryphotography.co.za/2013/02/


Fotograwe wat hoog aanbeveel word weet watter prentjie by watter bruid sal pas. Die perfekte fotograaf sal nie noodwendig van die duurste wees nie, maar sal jou as bruid intereseer.

Ontspan, wees jouself en geniet dit! Jou fotograaf sal perfek wees vir jou PRAGTIGE dag....



https://www.facebook.com/pages/Carolien-and-Ben-Photography/174617609215743?directed_target_id=0





Dinsdag 30 Julie 2013

Trou uitnodignings

Die liefde van jou lewe het vir jou die ja-antwoord vraag gevra.
Julle is vol liefde en bewondering vir mekaar....

So begin die opgewonde tyd in jul lewe!

Om n troue te beplan is altyd ietsie besonders.
Die venue...klere...skryfbehoeftes...musiek en nog vele meer.
Jou kleurskema en tema is net so belangrik om die dag in die geskiedenis af te laat beweeg as een van die beste dae van julle lewens.

Party mense onderskat die belangrikheid van die skryfbehoeftes.

Jou uitnodiging (en deesdae ook jou"safe-the-date") is die eerste brokkie wat jul gaste gaan sien en voel van jul trou dag.
Jul skryfbehoeftes moet die gevoel en tema va jul troudag duidelik uiteengesit he.

Die kleur...die tekstuur...die visuele effek wat die uitnodiging op jul gaste gaan he is wat jul gaste gaan verwag op jul trou dag.

Daar is baie idees wat daar buite rond hardloop maar bly eerlik en opreg met julself. Kies n patroon of n kernwoord wat jul as paartjie opsom.

Moenie bang wees om te speel met woorde nie. 
Maar hou dit eenvoudig.

Te veel is ook nie altyd n goeie ding nie... 



http://www.onewed.com/romantic/blog/romantic-wedding-color-palettes-peaches-cream-taken-to-the-serene


http://www.invitationcrush.com/modern-love-story-wedding-invitations/


http://diy.weddingbee.com/topic/our-completely-handmade-invitations-draft#axzz2aWzNcvfY